Tuesday 16 March 2010

Tyd...

Het ons tyd WERKLIK nodig? ons moet betyds wees vir goed? ons kerf ons dae op in klein voorspelbare stukkies, ons verloor tyd... maar in werklikhied is tyd vir n mens hoogs subjektief, ons breine versug na verander maar tog kan ons brein nie help om toekoms te voorspel nie sonder daai voospelling kan ons nie baie vd kompleksitiet abstrakteer nie! kinders wil ouer wees as wat hulle is en die oumense wil jonger wees, ons is of besig om gebore te word of om te sterwe, dit is ons lot... en al wat ons in werklikheid kan affekteer is NOU hierdie oomblik!

Thursday 4 February 2010

Hoe weet ons, ons is bewus?

hulle gebruik nou fMRI patrone om vegetatiewe pasiente vrae te laat beantwoord... en se hulle is bewus, so... kan ons se om bewus te wees moet ons kan kommunikeer? EN kommunikeer op n manier wat vir ons verstaanbaar is? dus kan honde or dolfyne met ons kommunikeer? is hulle bewus? kan ons se om bewus te wees is om van die "self" bewus te wees? is die "self" waarom alles draai? nou is ons terug by die "self" wie of wat is die self?

Tuesday 2 February 2010

Ons innerlike stem...

Hoekom klink ons innerlike stem soos ons stem in ons kop? wat ek bedoel is dit klink soos ons stem wanneer jy jou self hoor praat met iemand en nie soos n ander stem nie? Toe dink ek so...as ek nie n innerlike stem gehad het nie? sou ek weet of ek bewus was? defineer ons bewusyn as DIE innerlike stem? en verder bestaan taal om ons bewustelikheid te defineer? dit lyk vir my ons kan net in retrospek bewus wees? in ander woorde ons kan slegs kommentaar lewer oor ons bewustelike lewe!??

Is ek n geordende patroon?

Is ons, nie net 'n geordende patrone in n groter chaotiese stelsel/sisteem nie?

Wat my aan die stelling begin laat dink het is dat die Teorie van chaos (chaos theory) se dat binne chaotiese sisteme daar lokale stabiele patrone vorm (dink aan rook ringe en patrone in rook)... So... is ONS nie net lokale geordende patrone nie?

#R;